Man in plas bloed aangetref, vrou en nog verdagtes binne ure vasgetrek

Lees ook :

Foto: Google Maps

VRYSTAAT. – Isaak Tladi (51) is op 3 Julie in sy huis in Engelbrechtstraat op Viljoenskroon doodgeskiet. Vier verdagtes, onder andere die oorledene se vrou, is binne enkele ure in hegtenis geneem.

Kapt. Loraine Earle sê die polisie is omstreeks 23:45 na die toneel ontbied waar Tladi in ‘n plas bloed gelê het. Hy is dood verklaar.

Na bewering het drie gewapende verdagtes die huis betree en na die man, wat ook ‘n sake-eienaar is, gesoek. ‘n Struweling het glo ontstaan en skote is geskiet. Die oorledene se twee seuns het daarin geslaag om weg te kom om hulp te ontbied. Die verdagtes het ook van die toneel gevlug.

Met aankoms op die toneel het die polisie alle rolspelers geaktiveer en die vier verdagtes, wat die vrou van die oorledene insluit, in hegtenis geneem. Een van die verdagtes, wat tydens die voorval beseer is, ontvang mediese behandeling onder polisiebewaking.

Die motief van die moord word ondersoek. Die verdagtes sal na verwagting in die hof verskyn.

Enigiemand met inligting word gevra om speur.sers. Masilo Moreki by 082 301 3034 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief