Man in VSA kry doodstraf na twee dekades

Lees ook :

Man in VSA kry doodstraf na twee dekades
Man in VSA kry doodstraf na twee dekades fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog sneeu vir die maand voorspel

MISSOURI, VSA. –  Die doodstraf is gisteraand in Missouri na twee dekades op ‘n man uitgevoer.

Marcellus Williams is gisteraand dood na hy Felicia Gayle, ‘n maatskapplike werker, in 1998 doodgemaak het.

Hy het in Augustus 1998 by haar huis ingebreek, haar 43 keer met ‘n mes gesteek en haar handsak en haar man se skootrekenaar gesteel.

 Williams, sy prokureurs en verskeie aktiviste het aangedring hy is onskuldig en het gesê daar is nie bewyse dat hy Gayle doodgemaak het nie. Hulle het ook die feit dat daar geen swart jurielede by die verhoor was nie, gekritiseer.

Williams het voorheen aan sy voormalige meisie erken hy het Gayle doodgemaak toe sy Gayle se handsak in sy besit gevind het. Hy het ook ‘n geskiedenis van misdrywe, insluitend huisbrake en roof, gehad.

Bronne: BBC, New York Times, CNN

Lees ook: Nog sneeu vir die maand voorspel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief