HAZELMERE, KZN. – ’n Man het Maandag kritieke beserings opgedoen in ’n huisbrand in Hazelmere.
Volgens Reaction Unit South Africa is hulle omstreeks 19:30 na ’n enkelvertrekhuis ontbied. Inwoners van die gebied kon daarin slaag om die brand onder beheer te kry voordat die nooddienste opgedaag het.
Die beseerde het alleen in die huis gewoon. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy hospitaal toe geneem is.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Bronne: Rusa, Facebook





