Brekende Nuus
Afrikaans

Man kritiek na familiehond hom aanval

'n Man is vanoggend deur 'n familiehond aangeval en kritiek beseer.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL – ‘n Man, vermoedelik in sy 60’s, is in ‘n kritieke toestand na hy vanoggend in Glenwood-rylaan in Westridge deur ‘n familiehond aangeval is.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics het omstreeks 06:30 op die toneel aangekom en die huiseienaar kritiek beseer aangetref.

Jamieson sê die beseerde is gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese hulp na ‘n nabygeleë Durbanse hospitaal vervoer is.

Die omstandighede van die voorval is onbekend, maar die polisie was op die toneel teenwoordig.