Man kritiek na mamba se pik

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (57) wat op ‘n treinspoor in die Tugela-omgewing gewerk het, is Vrydag deur ‘n swartmamba gepik.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens se paramedici het die slang positief as ‘n swartmamba op die toneel geïdentifiseer.

“Weens die kritieke toestand van die werker is die besluit geneem om hom met die AMS-helikopter vir verdere sorg na ‘n geskikte fasiliteit te vlieg.”

Meyrick het verduidelik die man het in ‘n klein spasie gewerk en onwetend die slang versteur, waarna hy aan die pols gepik is. Hy is ‘n teengifmiddel toegedien en die slang is veilig hervestig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief