Man kritiek toe voertuig teen brugpilaar bots

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Manlike bestuurder van ‘n voertuig, vermoedelik in sy laat 30’s, is kritiek beseer nadat hy omstreeks 12:25 op die M4 teen die pilaar van die La Mercy-brug gebots het.

Samantha Meyrick, woordvoerder vir IPSS Medical Rescue, sê die pad was vir ongeveer 30 minute vir verkeer in beide rigtings gesluit, nadat ‘n Air Mercy Services-helikopter se dienste ontbied is.

Die beseerde is weens die ernstige graad van sy beserings hy eers deur IPSS Medical Rescue se lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal gevlieg is.

Die pad is weer vir verkeer heropen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief