Vark se hart suksesvol in sterwende man oorgeplant

Lees ook :

Vark se hart suksesvol in sterwende man oorgeplant (Foto: NDTV.com)
Vark se hart suksesvol in sterwende man oorgeplant (Foto: NDTV.com)

‘n Man van Maryland leef vir vier dae al met ‘n vark se hart wat in sy borskas klop.

Die oorplanting, wat by die University of Maryland Medical Centre plaasgevind het, is die eerste suksesvolle oorplanting van ‘n genetiese gemodifiseerde varkhart.

Dave Bennet (57) het ingestem om die eerste te wees om die eksperimentele operasie te ondergaan in hoop dat hy weer huis toe sal kan gaan.

“Hierdie is niks minder as ‘n wonderwerk nie,” het sy seun, David, Sondaf gesê. “Dis wat my pa nodig gehad het, en dis wat ek voel hy gekry het.”

Tydens die operasie, wat nege uur geduur het, het dokters Bennet se hart vervang met dié van ‘n een jaar oue geneties gemodifiseerde vark se hart.

Bennet haal nou sonder ‘n ventilator op sy eie asem. Hy is egter steeds aan ‘n ECMO-masjien gekoppel wat bloed deur sy liggaam pomp. Dokters beplan om hom stadig van die masjien af te haal.

Wetenskaplikes werk al vir jare om vas te stel hoe om mense se lewens met diere se organe te red. Meer as 100 000 mense wat vir orgaanoorplantings.

Varke se organe is soortgelyk aan mense se organe en as varkorgane gebruik kan word in orgaanoorplantings, sal die wag vir soveel mense verminder word.

Bennet wou glo aanvanklik nie die eksperimentele operasie ondergaan nie. Maar na hy twee maande in die hospitaal was, was enige operasie vol risiko’s en het hy besluit om die kans te vat.

“Hy het geweet dat dit sy beste opsie is,” sê David. “Hy is ‘n vegter en hy het ‘n wil om te bly leef.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Van blinde afspraak tot 32 jaar gelukkig getroud

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief