Man lewenslank tronk toe vir moord op vrou en oortreding van beskermingsbevel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Samuel Mzangwa (33) het op 23 Augustus 2023 sy vrou, Mating Sinah Lebelonyana (29), in haar gesig en lyf gesteek en haar met ‘n brandblusser aangerand. Hy is lewenslank vir haar moord en twee jaar vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel tronk toe gestuur.

Kapt. Stephen Thakeng sê die huishoudelike geweld wat tot ‘n vrou se dood gelei het, het op die plaas Kromkuil in die Bultfontein-distrik plaasgevind. Lebelonyana is oor haar lyf en in haar gesig gesteek. Haar man het haar gevolg toe sy probeer het om te ontsnap om mediese hulp te kry. Sy is met ‘n skerp voorwerp gesteek en met ‘n brandblusser op die kop geslaan, waarop sy geval het. Die plaaseienaar het wakker geword en opdrag gegee Lebelonyana moet na die Hoopstad-hospitaal geneem word. Terwyl twee werkers met haar gery het, het hulle sersante Sehloho en Motseki in ‘n polisievoertuig teëgekom. Hulle het gestop, waarna Lebelonyana dood verklaar is. ‘n Moordsaak is geopen en Mzangwa is op die toneel in hegtenis geneem.

Die saak is deur speur-sers. Oupa Tshabalala ondersoek. Hy het suksesvol borg teengestaan. Mzanwa is op die aanklag van moord en die oortreding van ‘n beskermingsbevel skuldig bevind. Hy is op 10 Junie in die Welkom-hooggeregshof vir moord lewenslank sonder die moontlikheid van parool gevonnis. Vir die oortreding van ‘n hofbevel is ‘n verdere twee jaar bygevoeg.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App