Man lewenslank vir baba se moord gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Jacob Molebo (31) is tot lewenslange tronkstraf vir die moord op sy drie maande oue babaseun deur die Atamelang-streekhof gevonnis.

Molebo het op 22 Oktober 2020 die baba by die moeder in Setlagole geneem en sonder enige provokasie teen die muur van ’n buurman se huis gegooi en geslaan. Die baba het ernstige beserings opgedoen toe hy met geweld teen die betonmuur gegooi is.

Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG, sê die hof het grusame besonderhede oor die misdaad aangehoor wat die kwesbaarheid van die slagoffer uitgelig het. Molebo, wat in ‘n romantiese verhouding met die baba se ma was, het daarna die moeder sonder hulp agtergelaat. Sy het hulp by bure gesoek, waarna die baba na ’n nabygeleë kliniek vervoer en met aankoms dood verklaar is. Die polisie is ontbied en Molebo is drie dae ná die voorval in hegtenis geneem. Hy is sedertdien in aanhouding.

Molebo het onskuldig in die hof op die aanklag van moord gepleit. Adv. Edward Manicus, die staatsaanklaer in die saak, het ter verswarende omstandighede teen die verdediging se aansoeke geargumenteer en na toepaslike wetgewing en regspraak verwys. Manicus het aangevoer daar is geen dwingende en wesenlike omstandighede wat die hof sou regverdig om van die minimum vonnis af te wyk nie, en het vir lewenslange gevangenisstraf gepleit.

Landdros Stephan du Toit het in sy uitspraak beklemtoon die hof het die plig het om weerlose lede van die gemeenskap te beskerm. Hy het met die staat saamgestem en die beskuldigde tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Molebo is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief