Man met inligting oor beweerde verkragtingsaak gesoek

Lees ook :

Esker Williams kan die polisie moontlik met 'n beweerde verkragtingsaak van hulp wees. Foto: SAPD

DURBAN, KZN. – Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderveiligheid en seksuele misdrywe in Durban vra die gemeenskap se hulp om ’n buitelander genaamd, Esker Williams, op te spoor.

Daar word geglo dat Williams van hulp kan wees met inligting oor ’n beweerde verkragtingsvoorval wat op 21 Oktober 2023 plaasgevind het.

Volgens berigte is ’n meisie (14) op daardie dag glo na ’n woonstel in Umhlanga Rocks gelok waar sy na bewering deur ’n man verkrag is.

Enigiemand met inligting oor waar Esker Williams hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, speurkonstabel M.P. Dlani, by 079 812 0486 te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Bronne: SAPD, Se-Ann Rall Facebook-blad.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief