Man onthoof toe motor rol

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Woensdagmiddag op die R102 in die Phoenix-omgewing in Mount Edgecombe onthoof toe die motor waarin hy gery het eers teen ‘n sementversperring gebots het en toe verskeie kere gerol het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die silwerkleurige Mazda 3 het verskeie kere gerol en is op sy dak in die noordelike baan aangetref. Die bestuurder is uit die voertuig geskiet. ‘n Passasier wat tydens dieselfde ongeluk beseer is, is op die toneel gestabiliseer. Die tweede insittende, vermoedelik die bestuurder, het in die pad gelê en is onthoof.

Rusa sê die voertuig het glo teen ‘n hoë snelheid gery toe dit teen die versperring gebots het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief