Man op verjaardag op kleinhoewe vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Jose Camacho (77), oftewel Jose Fernando Casmetre, is Donderdagoggend op sy verjaardag op ‘n kleinhoewe buite Vredenburg aan die Weskus vermoor.

Sers. Wesley Twigg sê die oorledene se liggaam is met kopbeserings gevind en hy is op die toneel dood verklaar.

‘n Verdagte(s) het van die toneel gevlug.

Die Vredenburg-polisie het ‘n moorddossier geregistreer. Die motief vir die aanval is deel van die polisie se ondersoek.

Enigiemand met inligting word versoek om speur.sers. Ronaldo Joubert by 079 894 1263 te bel.

Marleen Cross wat 20 jaar met die oorledene getroud was, het die nuus op die Stockar skindernuus Facebook-blad gedeel:

Baie hartseer nuus. Jose Camacho van die Weskus is vanoggend op sy verjaardag wreed vermoor op sy kleinhoewe net buite Vredenburg. Hy was lank betrokke met stock cars. Ons simpatie gaan uit aan sy 3 kinders en kleinkinders

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief