NOORDWES. – ’n Man is onlangs beseer toe hy deur ’n bok gestamp is en een van die dier se horings in sy been vasgesteek het.
Hartbeespoort Emergency Medical Services (H.E.M.S.) sê in ‘n sosialemediaplasing omstanders het daarin geslaag om die horing uit die man se been te verwyder voor die aankoms van nooddienste. Die HEMS-span het die beseerde op die toneel geëvalueer, gestabiliseer en daarna na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
Volgens die HEMS-span benadruk die voorval die onvoorspelbare aard van noodmediese werk en die belangrikheid van kalm en bekwame optrede deur beide lede van die publiek en EMS-personeel.
“Ons spreek ons waardering uit teenoor die omstanders vir hul vinnige optrede, asook teenoor ons span vir hul professionaliteit en sorg tydens hierdie unieke voorval.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





