Man se inhegtenisneming eindig in ‘selfdood’

Lees ook :

Die voorval is op 'n voertuig se kamera vasgevang. Skermskoot van video: Vaalweekblad

GAUTENG. – Johan Moller het na bewering Vrydag selfdood op die R42 gepleeg deur voor ’n swaarvoertuig in te spring direk nadat hy in hegtenis geneem is.

Dit volg na die SAPD hom gesoek het rakende uitstaande lasbriewe en verskeie sake van vermeende bedrog teen hom. FiNDiT verneem vanaf ‘n betroubare bron naby die beweerde bedrogsake dat Moller die destydse eienaar van Thatch Xtremene en Devine Thatch Projects was wat glo mense ingedoen het deur grasdakprojekte te begin en nooit te voltooi nie.

Vaalweekblad het berig dat Moller glo die kleinhoewe in die Barrage-area waar hy gewoon het, inderhaas verlaat het nadat hy gehoor het dat die polisie op sy spoor is.

Privaat maatskappye se kameras het hom egter Vrydag in sy voertuig op die R42 opgemerk en die polisie in kennis gestel.

Die SAPD se K9-eenheid het gehelp om Moller om 14:50 op die R42 naby die Potchefstroom-afrit vas te trek. Volgens Vaalweekblad het hy geen weerstand tydens die inhegtenisneming gebied nie. Hy is deur polisielede geboei.

Kort daarna het hy egter losgeruk en voor ’n aankomende swaarvoertuig ingespring. Hy is op die toneel dood verklaar.

Bronne: Vaalweekblad, Citizen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief