Man se liggaam 12 dae na verdrinking in see gevind

Lees ook :

Man se liggaam 12 dae na verdrinking in see gevind. Foto: NamibWeb

WALVISBAAI, NAMIBIË. – Die liggaam van Edison Sidney Geiseb (34) is Woensdag gevind nadat hy op 18 Mei by Independence Beach in Walvisbaai verdrink het.

Gaiseb het saam met sy meisie (24) en een van sy vriende (27) geswem toe hy onder die water verdwyn het.

Volgens insp. Illeni Shapumba, woordvoerder van die Erongo-polisie, is Gaiseb se liggaam by die Namport New Terminal naby die vuurtoring gevind.

Sy naasbestaandes is in kennis gestel en ’n ondersoek is geopen.

Bronne: Informanté, The Namibian

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief