Elgin Maghienda (51) se liggaam is vanoggend ongeveer 11:00 in ‘n beboste plek met ‘n skietwond in sy kop gevind.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê hy is sedert die moord waarin Carol Ann Magielies Sondagaand buite ‘n privaat hospitaal in Parkrylaan George’s Park doodgeskiet is, gesoek as ‘n moontlike verdagte.
Hy was na bewering betrokke by Magielies se moord.
Sy was van diens by die hospitaal waar sy as ontvangsdame gewerk het en op pad na haar motor toe sy doodgeskiet is.
Hy het glo Sondagaand ongeveer 20:00 daar opgedaag op soek na ‘n veilige plek om te slaap.
Die inwoners het hom vanoggend daar gelaat om winkels toe te gaan.
Met hul terugeer het hulle hom met ‘n skietwond in die kop gevind.
Die vuurwapen wat gebruik is, is op die toneel gevind en vir analise na die polisie se forensiese deskundige laboratorium gestuur.
Geen vuilspel word vermoed nie.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





