Man se liggaam ná haai-voorval gekry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die polisie se soektog na ‘n man (37) wat ná ’n voorval met ‘n haai by Mfazazana, naby Hibberdene aan die KwaZulu-Natalse Suidkus vermis geraak het, is gestaak nadat polisieduikers sy liggaam Sondag gevind het.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê luidens ‘n verklaring aan Nuusflits het die man se liggaam sigbare haaiwonde wat ondersoek word.

Volgens die NSRI het die voorval Vrydagmiddag plaasgevind toe drie plaaslike vissers in die water naby ’n skool sardyne was. Een van die mans het onder die water verdwyn nadat ’n haai glo op die oppervlak verskyn het. Volgens vermoede het een van die vriende probeer ingryp, maar hy is glo deur minstens twee haaie gekonfronteer en is weer uit die water. Daar word vermoed dat die haaie in daardie stadium sardyne geëet het. ‘n Soektog is Vrydag na die vermiste man begin wat Saterdag en Sondag voortgesit is.

Die liggaam van die oorledene sal formeel uitgeken word. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief