GAUTENG. – Jan Abraham Antonie Lombard (56) is sedert 25 Junie vermis. Hy is by die Brakpan-polisie as vermis aangemeld.
Lombard, wat aan demensie lei, is laas in Johanstraat in Sunairpark gesien.
Hy was in ‘n denimbroek, baadjie en swart stewels geklee.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan Missing Children SA by 072 647 7464 gebel word. Alternatiewelik kan die Brakpan-polisie by 011 744 7100 gekontak word.





