Brekende Nuus
Afrikaans

Man sedert Oktober 2022 vermis

Coetzee is sedert Oktober 2022 vermis.

Neels Coetzee
Photo: Pink Ladies Organisation

Neels Coetzee (36) is sedert Oktober 2022 in George, Wes-Kaap, vermis.

Coetzee is slank gebou, is 1,8 m lank, weeg ongeveer 70 kg, het blou oë en grysblonde hare.

Hy is laas gesien in ‘n roomkleurige/ bruin top, swart demimbroek en swart stewels.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met sers. Becker of kapt. Muller van George-polisie by 071 685 1211 of 08600 10111 in verbinding tree.

Alternatiewelik kan die Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 f 083378 4882 geskakel word.

Uitkenbare merke is tatoes en vermiste tande.