Man skiet glo vrou tydens kerkdiens dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man het na bewering Saterdag sy vrou (45) omstreeks 18:00 by ‘n kerkdiens in Makonde Shadani-woonbuurt doodgeskiet. Die Thohoyandou-polisie is op soek na die man.

Kol. Malesela Ledwaba sê die kerkdiens was reeds aan die gang toe die verdagte na bewering die gebou binnegaan en verskeie skote op die oorledene geskiet het. Sy het op die toneel gesterf.

Die verdagte het in ‘n silwergryskleurige Toyota Corolla van die toneel gevlug.

Die motief vir die insident is onbekend, maar Ledwaba sê huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

Enigiemand wat weet waar die verdagte hom bevind, ka sers. Mashamba Mbangiseni by 079 424 3573 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief