WES-KAAP. – ‘n Onbekende man het Maandagmiddag van die dak van die Hotel Sky in Laer Langstraat, Kaapstad, gespring. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoorder, sê aan Nuusflits die man se liggaam is omstreeks 15:45 aangetref. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om hom te identifiseer. Misdaadtoneelkenners en speurders van Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor het die toneel vir leidrade gefynkam. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.
Volgens Smile 904FM het hotelbestuur glo gesê die man het ‘n kaartjie vir die Sky-Hi-ride gekoop voordat hy gespring het.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





