KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (23) het Woensdagmiddag omstreeks 16:00 vermis geraak toe hy die Amatikulurvier naby die R102 oorgesteek het.
IPSS Search & Rescue sê hulle is steeds op die toneel waar ‘n uitgebreide soektog aan die gang is. ‘n Hommeltuig, opblaasbare toerusting en polisieduikers is deel van die soektog.
Dit is bekend dat krokodille in die area is, wat die soektog bemoeilik.
Lesers sal in kennis gestel word van nuwe verwikkellinge op die aktiewe toneel soos wat dit beskikbaar gestel word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: