Man sterf in enkelvoertuigongeluk

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Man in sy dertigs is gisteraand (Dinsdag) dood toe die voertuig waarin hy was op die M13-N3-Paradysvallei-wisselaar omgeslaan het.

Volgens Garrith Jamieson van ALS-paramedici is hulle net voor 19:30 ontbied en het op ’n toneel van verwoesting afgekom. Die voertuig het verskeie kere gerol voordat dit op sy dak te lande gekom het. Die man, die enigste insittende in die voertuig, is met noodlottige beserings aangetref. Paramedici het hom ondersoek, maar kon niks vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die polisie was op die toneel en het ’n ondersoek geloods.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief