MPUMALANGA. – ‘n Man (37) is sterwend by sy grootouers se huis aangetref nadat sy vrou en haar twee kinders se verkoolde liggame Vrydag by die Zithabiseni-brug in ‘n uitgebrande voertuig aangetref is.
Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens inligting het die verdagte se oom Vrydagoggend vroeg die polisie in kennis gestel dat sy neef hom glo meegedeel het dat hy sy vrou en kinders doodgemaak het. Hy het hulle na bewering in ‘n voertuig aan die brand gesteek. Polisiebeamptes het ’n uitgebrande voertuig met drie verkoolde liggame binne-in op die toneel aangetref.
’n 72-uur-plan om die verdagte op te spoor, is dadelik geaktiveer. ’n Wenk het tot sy opsporing by sy grootouers se huis in Boekenhouthoek gelei, waar hy met skuim om sy mond gevind is. ’n Ambulans is ontbied, maar hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens voorlopige ondersoeke het die man vermoedelik gif ingeneem. Drie moordklagte en ’n doodsondersoekdossier is geopen.





