Man sterf nadat herhaaldelik oor hom gery word

Lees ook :

Foto Skermgreep van video Radio Veldbrand

GAUTENG. – ‘n Man het op 5 April in Rivonia, Sandton tydens ‘n tref-en-trap-voorval gesterf, nadat ‘n verdagte herhaaldelik oor hom gery het. Die verdagte word deur die polisie, wat ‘n moordsaak geopen het, gesoek.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê aan Nuusflits die polisie het ’n oproep ontvang oor ’n ongeluk in die area. Toe hulle op die toneel aankom, het hulle ’n man langs die pad gekry met ernstige beserings oor sy hele liggaam. Nooddienste is ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar.

Volgens voorlopige inligting het die verdagte die slagoffer verskeie kere met ’n voertuig omgery voordat hy van die toneel gevlug het. Die motief vir die aanval is nog onbekend en die polisie ondersoek steeds die omstandighede rondom die voorval.

Nevhuhulwi bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar alle leidrade word opgevolg om die verdagte op te spoor. Enigiemand met inligting wat kan help om die verdagte op te spoor, word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief