Man sterf op vliegtuig na hy ‘liters bloed’ verloor

Lees ook :

Man sterf op vliegtuig na hy ‘liters bloed’ verloor
Man sterf op vliegtuig na hy ‘liters bloed’ verloor fotokrediet: Canva

Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza

BANGKOK. – ‘n Duitse burger (63) is Donderdag oorlede op ‘n Lufthansa-vlug van Bangkok na München.

Hy het baie gesweet en dit het glo gelyk of hy nie kan asemhaal nie, maar sy vrou het gesê hy is net moeg, want hulle moes jaag om die vlug te haal.

Volgens The Independent het ander passasiers gesê die man het kort na die vliegtuig opgestyg het bloed in ‘n sak uitgespoeg voor dit by sy mond en neus begin uitloop het.

Die passasiers het gesê die man het “liters bloed’ verloor. Personeel op die vliegtuig het 30 minute probeer om die man by te bring voor hy dood verklaar is en die vliegtuig moes omdraai.

Bronne: The Independent, Sky News, Business Insider

Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief