Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza
BANGKOK. – ‘n Duitse burger (63) is Donderdag oorlede op ‘n Lufthansa-vlug van Bangkok na München.
Hy het baie gesweet en dit het glo gelyk of hy nie kan asemhaal nie, maar sy vrou het gesê hy is net moeg, want hulle moes jaag om die vlug te haal.
Volgens The Independent het ander passasiers gesê die man het kort na die vliegtuig opgestyg het bloed in ‘n sak uitgespoeg voor dit by sy mond en neus begin uitloop het.
Die passasiers het gesê die man het “liters bloed’ verloor. Personeel op die vliegtuig het 30 minute probeer om die man by te bring voor hy dood verklaar is en die vliegtuig moes omdraai.
Bronne: The Independent, Sky News, Business Insider
Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza