Man sterf toe gemeenskap buffel glo jag

Lees ook :

Man sterf toe gemeenskap buffel glo jag. Foto ter illustrasie: Canva

KZN, SUID-AFRIKA. – ’n Man is dood nadat lede van die gemeenskap ’n buffel, wat na bewering uit die Hluhluwe-iMfolozi-park ontsnap het, probeer jag het.

Die voorval het naby die Mashiya-hek op Sondag 24 Maart plaasgevind. Volgens Sihle Mkhize, uitvoerende hoof van Ezemvelo, het die veldwagters inligting oor die buffel, wat buite die hekke van die park gesien is, gekry. Die weer was egter te sleg om ’n helikopter uit te stuur.

Hy beweer die gemeenskap het besluit om jag op die buffel te maak. Veldwagters het ’n geweerskoot gehoor. Met hulle aankoms op die toneel het hulle die liggaam van ‘n man aangetref wat glo deur die buffel aangeval is.

Volgens Mkhize is daar duidelike riglyne om die veiligheid van die diere, gemeenskap en besoekers se verseker. Hy sê die voorval is net weereens ’n bewys van die risiko’s verbonde aan wilde diere en die natuur.

Dit is onduidelik hoe die buffel ontsnap het. Die park gee hulle volle samewerking aan die owerhede.

Bronne: IOL, Times Live, Witness

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief