Man sterf tydens ‘huisroof’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Woensdagoggend net na 03:00 tydens ‘n huisroof in Limpusstraat in Sarnia dood.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel was die polisie reeds teenwoordig en paramedici is na die beseerde geneem. Die man, vermoedelik in sy 40’s, het ‘n skietwond in sy bors gehad en was kritiek beseer. Gevorderde lewensondersteunende paramedici was besig om hom te stabiliseer toe sy hart gaan staan. Ten spyte van KPR is die man dood verklaar.

Die omstandighede van die insident word deur die polisie ondersoek.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief