Man sterf tydens ‘huisroof’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Woensdagoggend net na 03:00 tydens ‘n huisroof in Limpusstraat in Sarnia dood.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel was die polisie reeds teenwoordig en paramedici is na die beseerde geneem. Die man, vermoedelik in sy 40’s, het ‘n skietwond in sy bors gehad en was kritiek beseer. Gevorderde lewensondersteunende paramedici was besig om hom te stabiliseer toe sy hart gaan staan. Ten spyte van KPR is die man dood verklaar.

Die omstandighede van die insident word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief