Man sterf tydens skietinsident

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Man, vermoedelik in sy 30’s, het Dinsdagaand aan veelvuldige skietwonde in Nordaleweg in Newlands-Wes, noord van Durban, gesterf.

Garrith Jamieson sê ALS Paramedics het net ná 18:00 op oproepe van ‘n skietinsident gereageer. Met aankoms op die toneel is verskeie nooddienspersoneel aangetref. Hulle is na ’n voertuig in die pad geneem waar die man met skietwonde aangetref is. Paramedici het die man ondersoek, maar hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die toneel is afgesper om die polisie toe te laat om dit te ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief