
VRYSTAAT. – Martin Wiid (26) het omstreeks op 10 Julie om 23:00 aan ‘n skietwond in Bloemfontein gesterf.
Wiid se begrafnis het vandag op die plaas Loogkop in die Boshof-distrik plaasgevind, waarna sy lewe gevier is.
Kapt. Loraine Earle sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen om die skietvoorval te ondersoek. Alle leidrade en beweringe word opgevolg.
“’n Klag vir die nalatige bewaring van ’n vuurwapen is bygevoeg en word ondersoek.”
Earle sê sodra die ondersoek voltooi is, sal die dossier na die direkteur van openbare vervolging gestuur word vir besluitneming oor vervolging of nie, vir verdere instruksies.
Wiid word deur sy ouers en broer oorleef.





