Man tydens beweerde kaping doodgeskiet

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is omstreeks 06:15 vanoggend op die hoek van Bluff- en Champerlainstraat in die Jacob-area, suid van Durban, tydens ‘n beweerde kaping doodgeskiet.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle is na ‘n skiettoneel ontbied. Die polisie was teenwoordig en het die toneel afgesper. Paramedici het die man, met skietwonde in sy bors, geassesseer, maar niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

“Daar word beweer dat hy gekaap is, maar die SAPD sal die voorval verder ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief