Man tydens ‘roofpoging’ naby tolhek geskiet

Lees ook :

Foto: Erika van den Bergh Gatvol vir Misdaad

GAUTENG. – Dirk Matthyser is Saterdagaand omstreeks 21:15 tydens ‘n “poging tot roof” by die Zambezi-tolhek in ‘n suidelike rigting naby Montanapark in Pretoria raakgeskiet.

Volgens AO Johan van Dyk was die slagoffer en drie passasiers van Montana na Boksburg onderweg. Net na die tolhek is die voertuig aan die regterkant gestop sodat die man se vrou kon rook.

Vermoedelik het die verdagte nie die vrou wat buite die voertuig gerook het raakgesien nie. Die vrou het glo ‘n skoot gehoor waarna haar man langs haar geval het. Die verdagte is glo hierna na ‘n passasier wat links voor in die voertuig gesit het en het selfone geëis. Nog voordat enige selfone oorhandig is, het hy te voet van die toneel gevind.

Die man wat geskiet is, is vir mediese behandeling na SBAH (Steve Biko- akademiese hospitaal) vervoer.

‘n Afgevuurde 9 mm-patroondoppie is op die toneel gevind en as bewysstuk ingegee.

Die Sinoville-polisiestasie in die Tshwane-distrik ondersoek sake van poging tot moord en poging tot roof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief