Man van Belhar in hof op aanklagte van kinderpornografie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Man (26) van Belhar het gister op verskeie aanklagte wat met kinderpornografie verband hou in die Bellville-landdroshof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Wes-Kaapse NVG, sê die beskuldigde word aangekla van die onwettige besit van 200 foto’s van kinderpornografie wat op sy skootrekenaar en selfoon gevind is. Hy word ook aangekla van die aflaai van kinderpornografiese foto’s, die aflaai daarvan van die internet, die verspreiding van kinderpornografiese materiaal, asook die besigtiging van sodanige foto’s.

Die saak is tot 17 Junie uitgestel vir borgtoginligting en sodat regshulp op rekord kan kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief