Man van kleinhoewe steeds vermis

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Gerhard van der Merwe (43) van Leeukuil-kleinhoewe word sedert 23 Junie vermis. Die Westerburg-polisie het ‘n soektog geloods.

Sers. Mienkie Ramakgoakgoa sê Van der Merwe se vrou beweer sy het op die dag van sy verdwyning telefonies met hom gepraat. Hy het glo gesê hy gaan ‘n sielkundige op die betrokke dag spreek. Hy is sedertdien vermis.

Wat hy die betrokke dag aangehad het, is nie bekend nie. Pogings om Van der Merwe by familie, vriende en gereelde plekke wat hy besoek, op te spoor, was tot dusver onsuksesvol.

Enigiemand met inligting oor Van der Merwe word gevra om speur.konst. Salome Ngobeni by 072 323 9788 te bel.

Lees ook hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief