STRAND, WES-KAAP. – ’n Man het Dinsdagmiddag kritieke beserings opgedoen toe hy vanaf die vyfde tot op die tweede vloer by ’n woonstelblok in die Strand geval het.
Volgens KC Gericke van Strand Buurtwag het die man voor ’n inwoner se venster by die Galloway-sentrum te lande gekom.
“Hy het ’n moontlike pelvis- en enkelfraktuur,” sê Gericke. Volgens Gericke was die man glo besig om wasgoed op te hang toe hy sy bewussyn verloor en geval het.
Hy is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling.
Bronne: Strand Patrol Buurtwag / NHW, Facebook





