SALDANHABAAI, WES-KAAP. – ’n Man het Sondagoggend by die Saldanhabaai Beach Resort verdrink.
West Coast Medical Rescue en die Nasionale Seereddingsinstituut is Sondagoggend na die toneel ontbied nadat hulle inligting van ’n verdrinking ontvang het. Met hulle aankoms op die toneel het hulle die liggaam van ’n man op die strand gevind. Hy is dood verklaar.
Volgens ’n toeskouer se Facebook-plasing is die man moontlik van Vredenburg.
Die saak is aan die SAPD oorhandig.
Bronne: West Coast Medical Rescue, NSRI, Facebook: Gordon Strong
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: