Man verdrink tydens duik by Hermanus

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ’n Man, vermoedelik in sy 40’s, is Donderdagmiddag by die Nuwe Hawe in Hermanus dood aangetref, nadat hy glo tydens vryduik in die moeilikheid beland het.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens Edrich Kotze, NSRI Hermanus-stasiebevelvoerder, is die diensspan omstreeks 17:15 gekontak deur ADT-veiligheidsmaatskappy oor ‘n persoon wat in die moeilikheid is. Met die aankoms van die NSRI, polisie en ambulansdiens, is bevestig dat die man reeds uit die water gehaal was. Hy is deur paramedici dood verklaar.

Dit word vermoed dat hy saam met vriende geduik het en in die moeilikheid beland het, waarna dit tot ’n uur geneem het voordat hulle sy liggaam aan land kon bring. Die liggaam is aan die polisie en forensiese patologiedienste oorhandig.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen. Medelye is aan die familie en vriende van die oorledene oorgedra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief