Man verloor arm in masjien

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man se arm is Maandagmiddag omstreeks 14:00 in Redcliffe in ‘n fratsongeluk deur ‘n masjien by sy skouer afgeruk. Sy liggaam het in die masjien vasgesit.

Reaction Unit South Africa sê lede het aanvanklik gedink slegs die man se linkerhand het in die slag gebly. Daar is egter gevind hy is in die masjien ingetrek en het vasgesit. Hy het hewig bloed verloor en het sy hele arm verloor.

Rusa, saam met paramedici en reddingstegnici van Netcare911 en die Ethekweni-brandweer het die man na ongeveer 90 minute van die masjien bevry. Die kritiek beseerde man is vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal geneem.

Volgens kollegas het die man ‘n steen van ‘n vervoerband verwyder toe sy arm afgeruk is en hy vasgevang is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief