ISRAEL. – ’n Man is vermis na hy Maandag in Hadera, Noord-Israel, deur ’n haai aangeval is.
Lees ook: Seun sterf na hy in Australië tussen rotse vasgeval het
Die polisie en paramedici is steeds op soek na die man, alhoewel geglo word hy is oorlede.
Getuies het gesê die man het geskree: “Help, hulle byt my!” voor hy onder die water verdwyn het. Beeldmateriaal van die aanval het gewys hoe die man in die water rondbeweeg voor die water om hom rooi geword het en hy verdwyn het.
Die haai het glo ook ’n reddingsduiker aangeval wat na die slagoffer op soek was.
Die Israeliese natuur-en-parke-owerhede het gesê die aanval het plaasgevind in ’n deel van die see waar swem verbode is en het mense herinner om die haaie te probeer vermy, omdat hulle ’n beskermde spesie is.
Bronne: BBC, The Mirror, CBS News
Lees ook: Seun sterf na hy in Australië tussen rotse vasgeval het





