Man vir afpersing in konstruksiebedryf gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Fabian Mertenton (38) is Donderdag deur die Plettenbergbaai-landdroshof tot 10 jaar tronkstraf vir sy betrokkenheid by geteikende afpersing in die Mosselbaai- en George-konstruksiebedryf gevonnis. Polisiebestuur het die ondersoek-en-vervolgingspan vir die suksesvolle vervolging geprys.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes van die George-polisiekantoor het opgetree nadat ‘n sakeman in die konstruksiesektor gedreig is. ’n Span bestaande uit verskeie eenhede is saamgestel en ’n lokvaloperasie is uitgevoer. Lede het op ’n huis in Plattner-boulevard, George, toegeslaan waar vyf mans en een vrou aangetref is. ’n Groot hoeveelheid kontant is in besit van die man gevind en die groep is in hegtenis geneem.

Die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaadondersoeke het ná verdere ondersoek die misdaadplan onthul toe e-posse en WhatsApp-boodskappe bekom is. Mertenton is vir afpersing aangekla, terwyl die ander verdagtes wat saam met hom in hegtenis geneem, vrygelaat is.

Die saak is Donderdag afgehandel toe Metenton tot tien jaar tronkstraf gevonnis is, waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is.

“Hierdie skuldigbevinding en vonnis moet dien as ’n afskrikmiddel vir dié wat soortgelyke misdade wil pleeg. Afpersers wat die konstruksiesektor of enige ander besigheid teiken, bedreig die ekonomie van hierdie streek. Die polisie sal toesien dat geen moeite ontsien word om sulke misdadigers vas te trek sodra hulle aangemeld word nie,” het (adv.) lt.genl. Thembisile Patekile afgesluit.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief