Man wat 7-jarige seun verkrag lewenslank uit samelewing verwyder

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Wonderboy Liberty Mncina (40) wat ‘n 7-jarige seun op 7 Julie 2023 verkrag het, is Donderdag in die Ermelo-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Mncina was ‘n familievriend van die seun en sy pa.

Lt.kol. Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het die beskuldigde omstreeks 04:00 by die huis aangeklop waar die seun en sy pa woon. Hy het gevra om die nag by hulle deur te bring en die seun se pa het aangebied dat hy ‘n kamer met die slapende kind deel. Na bewering het die beskuldigde, wat onder die invloed van alkohol was, die seun ontklee en verkrag, terwyl hy sy huilgeluide met ‘n kussing gedemp het. Die kind het omstreeks 08:00 vir sy pa vertel wat gebeur het. Mncina het alle beskuldigings teen hom ontken. Die seun is na die naaste kliniek geneem, waar ‘n mediese ondersoek verkragting bevestig het.

Ndubane sê Mncina is gesoek en op 17 Julie 2023 in hegtenis geneem en van verkragting aangekla. Mncina was ten tyde van die hele verhoor in aanhouding, nadat die ondersoekbeampte borg suksesvol teengestaan het. Ondersoekwerk het die saak bo redelike twyfel bewys, waarna Mncina skuldig bevind en gevonnis is. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief