Man wat drie van familie doodskiet, vier keer lewenslank gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Nthutuko Mthethwa (35) is Woensdag vier keer lewenslange tronkstraf in die Ntunzini-hooggeregshof vir drie moorde op die Mkhize-familie van Eshowe opgelê.

Kol. Robert Netshiuna sê die Mkhize-familie is op 12 April 2023 in hulle huis in Umntilombo in Eshowe in ‘n lokval gelei en ses familielede geskiet. Drie is op die toneel dood verklaar.

Op die betrokke aand is die Mkhize-familie deur twee gewapende verdagtes aangeval. Drie is dood en die ander drie is vir mediese behandeling hospitaal toe geneem. Met die polisie-ondersoek is Mthethwa die volgende dag in hegtenis geneem en die ondersoekbeampte kon deurentyd suksesvol borg teenstaan totdat die vonnisoplegging Woensdag plaasgevind het.

Vir elke moord is Mthethwa ‘n lewenstermyn gevonnis en nog ‘n bykomende lewenslange vonnis, plus 22 jaar vir poging tot moord.

Die ondersoekbeampte is vir die suksesvolle vervolging geprys.

Sicelo Dambayi Sikhakhane (33) word nog deur die polisie as die vermoedelike tweede verdagte in die saak gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief