Man wat glo 2-jarige verkrag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Man (26) het Vrydag in die Chief Albert Luthuli-landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n kleutermeisie (2) in ‘n ou verlate huis in Nhlazatshe, naby Elukwatini, ingelok en verkrag het.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê die kleuter was glo onderweg snoepwinkel toe, toe die misdaad gepleeg is. Volgens inligting het die kleuter se ouma gehoor hoe ‘n verbyganger sê ‘n kind is beseer en sy bloei. Die man is vroeër in die teenwoordigheid van die kleuter onderweg na waar die misdaad plaasgevind het, gesien.

Hy is deur die gemeenskap gesoek en aangekeer waar hy gesit en drink het. Hy het blykbaar beserings opgedoen toe hy aangekeer is. Die polisie is ontbied en hy is op aanklag van verkragting gearresteer.

Die saak is tot 12 Februarie uitgestel, terwyl die verdagte in aanhouding bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief