Lees ook: Saak teen man uitgestel wat glo blitspatrollielede doodskiet
KIMBERLEY. – Die man wat glo twee blitspatrollielede in Kimberley doodgeskiet het, verskyn vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof.
Daniel Alberts het glo verlede jaar in Augustus sers. Kedimetse Masilo en konst. Okaetse Mandindi na ‘n hoëspoedjaagtog doodgeskiet. Alberts het glo ‘n motor in Bloemfontein gesteel. Die blitspatrollielede wou hom in hegtenis neem, toe hy hulle na bewering geskiet het.
Alberts word van moord, diefstal en roof met verswarende omstandighede aangekla.
Bronne: SABC, OFM
Lees ook: Saak teen man uitgestel wat glo blitspatrollielede doodskiet