WES-KAAP. – Christoffel Stoman (70), wat glo op op 20 September met ‘n voertuig oor Khwezi Jantjies (6) gery het, het vandag vir borg in die Vredendal-landdroshof aansoek gedoen.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die onus het op Stoman gerus om aan die hof te bewys dit is in die belang van geregtigheid dat hy op borg vrygelaat word. Die borgaansoek is egter tot 4 Oktober uitgestel. Stoman bly in aanhouding. Verskeie getuies het tydens die borgaansoek vir die verdediging getuig. Die getuies sluit Stoman se swaer, ‘n oud-polisieman, wat ook sy eie opmetings op die toneel gedoen het in. Magdalene Stoman (75) wat begin getuig het, en ‘n kleinkind was die betrokke dag van die insident in die voertuig wat haar man bestuur van ‘n doktersafspraak af op pad.
Khwezi sterk steeds in die Vredendal-hospitaal aan.
Billy Claassen het ‘n petisie met 1 532 handtekeninge, wat teen die borgaansoek gekant is, namens die gemeenskap aan die NVG oorhandig. Volgens die petisie het die lemoen van ‘n boom geval en in die pad gelê. Khwezi het dit na bewering opgetel, waarna daar bo-oor hom gery is.
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
Christoffel Stoman het die Maandag na die insident in die Lutzville-landdroshof verskyn. Khwezi Jantjies se bene het tydens die insident gebreek. Stoman is gearresteer.
Lt.kol. Malcolm Pojie sê aan Nuusflits die plaaslike polisie ondersoek sake van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur. Die jong seun het frakture aan beide bene opgedoen. Die voorval het omstreeks 12:00 plaasgevind in Stasiestraat, waar die seun en sy ma gestap het. Volgens berigte het ’n voertuig met ’n sleepwa reguit op hulle afgery en die jong seun getref, waarna die voertuig oor hom gery het. Die ernstig beseerde seun is deur Vredendal-hospitaal na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas waar hy nood- mediese behandeling ontvang het.
Pojie sê die ondersoek duur voort.
Foto: NVG