Lees ook: Ghislaine Maxwell se appèlsaak Maart in die hof
Die Hoogste Hof van Appèl in Suid-Afrika het in die guns van Kenneth Nkosana Makate, die man wat daarop aanspraak maak dat hy die idee vir ‘n Please Call Me uitgedink het, beslis.
Dit volg op hofsake wat al sedert 2009 voortsleep toe Makate hof toe gegaan het na Vodacom geweier het om hom vir sy idee te betaal.
Makate het by Vodacom gewerk toe hy in 2000 ‘n voorstel gemaak het om iemand se foon te “buzz” sonder om lugtyd te gebruik. Sy idee is in 2001 in die Please Call Me verander en sy baas het hom vergoeding belowe.
Die konstitusionele hof het eers beslis Vodacom en Makate moet oor sy vergoeding onderhandel. Makate het Vodacom se aanbod van R47 m. van die hand gewys en hom na die hooggeregshof gewend, wat in sy guns beslis het.
Vodacom is daarna na die Hoogste Hof van Appèl om teen die besluit te appeleer. Hulle het nou verloor en moet Makate tussen 5% en 7.5% van die totale oproepinkomste wat hulle vir 18 jaar van Please Call Me’s gemaak het plus rente vergoed.
Bronne: My Broadband, EWN, NOW in SA





