KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (40) is Donderdagoggend in die kop geskiet nadat hy glo twee roofverdagtes in Hilltop wou aankeer.
KZN VIP Protection Services sê verskeie oproepe vir dringende mediese hulp is van die gemeenskap ontvang.
Met aankoms op die toneel is die gewonde man aangetref. Hy is gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
‘n Groot groep lede van die gemeenskap was teenwoordig. Ooggetuies het vertel die gewonde man het probeer om die verdagtes aan te keer toe hy geskiet is. Die verdagtes was besig om te voet in die rigting van Hilltop te vlug. Hulle het na bewering ‘n man oorkant Cottonwoodrylaan in Tenance Park met ‘n vuurwapen gedreig en van sy waardevolle besittings beroof.





