Man wat van boot in Hartbeespoortdam val steeds gesoek

Lees ook :

Die soektog duur voort. Foto: Kormorant

HARTBEESPOORT, NOORDWES. – ’n Soektog is aan die gang na ’n man (40) wat Saterdagmiddag om 14:25 uit ’n boot in die Hartbeespoortdam geval het.

Die man en ’n groep vriende was glo op die boot naby die Randburg-brug toe die man en twee vroue oorboord geval het.

Arthur Crewe van Hartbeespoort-NSRI sê die twee vroue is ongedeerd, maar die man het onder die water verdwyn.

Teen Sondagoggend kon lede van die NSRI, SRU en polisieduikers nog nie die man opspoor nie.

Volgens Crewe was familielede van die man op die toneel en is hulle deur beraders bygestaan.

“Die soektog duur voort, maar digte hiasinte op die dam bemoeilik pogings.”

Bronne: Kormorand, Jacaranda FM, NSRI

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief