OOS-KAAP. – Inligting aan die polisie het Saterdag tot die arrestasie van ‘n beweerde dwelmhandelaar (55) in Komani en die konfiskering van Mandrax-tablette ter waarde van R9 m. gelei.
Kapt. Namhla Mdleleni sê die honde-eenheid en Red Guard-veiligheidsmaatskappy het inligting oor ‘n Isuzu-vragmotor van Gauteng onderweg na Oos-Londen opgevolg. Die vragmotor is in Cathcartstraat in Komani opgemerk en voorgekeer. Tydens deursoeking is 111 sakke, elk met 1 000 Mandrax-tablette gevul, ontdek. Daar is op die besending en vragmotor beslag gelê.
Die verdagte is vir die besit van dewlms en dwelmhandel aangekla en kom vandag in die Komani-landdroshof voor.






