Brekende Nuus
Afrikaans

Mans en minderjarige vas op aanklag van aanlyn roof en voertuigkaping

Foto: SAPD
Foto: SAPD

GAUTENG. – 10 volwasse manlike verdagtes en ‘n minderjarige is Vrydagaand in Winterveld deur die Tshwane-stabiliseringstaakspan op aanklagte van aanlyn rooftogte en kapings in hegtenis geneem.

AO Johan van Dyk sê die 11 verdagtes het glo die noordelike dele van Tshwane deur aanlyn rooftogte en voertuigkapings geteister. Die verdagtes sou goedere na bewering goedkoop adverteer en wanneer niksvermoedende kopers opdaag, word hulle beroof. Observasie is gedoen, gevolg deur ‘n intelligensiegedrewe operasie met ‘n opsporingsplan.

Van Dyk sê die verdagtes is sonder enige weerstand of insident gearresteer en is met aanlyn rooftogte in Winterveld verbind.

Maj.genl. Samuel Thine, die distrikskommissaris, het die betrokke polisielede vir die sukses geprys.